LEKKER PAMPOEN MET UIE IN
Loraine Peyper Viljoen
Sny jou pampoen in stukke, spoel af, sit in pot, sny lekker groot ui in, gooi jou suiker en bietjie sout by. Kook stadig met deksel op sonder water want pampoen maak sy eie water, wanneer sag en droog begin kook, sit so lekker blob botter of margarien in en laat die pampoen lekker braai in die botter.
Elize Fouchè
Ek sny my butternut in lang repies sny uie by strooi knoffelvlokkies, suiker en redelik botter oor en druk in oond tot gaar. Dan eet ek my vingers af so lekker is dit. Ek maak geen kos sonder uit nie.
Elaine Vosloo Viljoen
Daar was jare gelede resep in Huisgenoot. Rou pampoen word gekook met bietjie water, olie, uie en kerrie. was baie lekker gewees. Het dit lanklaas gemaak.
Susan Mac Donald
Ek maak butternut so. Sny in blokkies. Plaas in pot. Gooi suiker oor. Sny uieringe en knoffel oor. Laat staan vir bnuts om te sweet. Gooi bietjie water op. Braaikook tot gaar en droog.moenie roer. N lekker stropie sal vorm.