


HENDRIK SE SKAAPRIBPOT
Foto en resep: Hendrik Markgraaff
FOOD LOVERS RECIPES
1 skaaprib in blokke
3 aartappels opgesny
3 wortels gekerf
500 g groenbone gekerf
3 tamaties gekap
500 ml aftreksel
200 ml rooiwyn (Pinotage)
1 teelepel finkel (Fennel)
1 teelepel komyn
1 teelepel sout
1 teelepel witpeper
1 ui in ringe
4 knoffelhuisies
3 rissies, ontpit en gekap
olyf olie
Kluitjies:
1 koppie bruismeel
water genoeg vir slap deeg
sout en peper na smaak
Braai uie rissies en knoffel saam tot sag. Skep uit en braai vleis bruin. Skep uie terug, voeg rooiwyn, vleis aftreksel, tamatie en speserye by en kook 45 min.
Voeg aartappels, wortels, en bone by, kook tot aartappels sag is.
Skep kluitjie deeg oor, sit deksel op en kook nog 15 min. Moenie die deksel lig nie.
Skep en geniet.






