ELZETNA SE AMARENO CHERRY KOEK
2 kop bruismeel
2 eiers
1 teelepel koeksoda ( bicarb)
1 kop suiker
1 bottel 420g mareno kersies H ek het kersies in kwarte gesny)
Indien jy vind dat die mengsel te stof is kan jy aanleng met melk, ik het omtrent 125ml extra gebruik.
* meng alles saam
* bak vir +-30 min tot gaar op 180 grade voorverhit oond
Maak sous:
3 eetlepels botter
1/2 kop idealmelk
1 teelepel vanilla
1 kop suiker
* kook alles saam en gooi oor warm koek
** prik gaatjies in koek voor jy sous oorgooi
Laat afkoel. Meng 250g mascarpone met koppie versiersuiker. Roer met lepel moenie klits nie.( mengsel is nie styf nie maar ook nie loperig soos water nie) Kleur met rooi voedselkleursel. Gooi oor koek, dat dit egaal oorloop. Versier met kersies.
RESEP EN FOTO: Elzetna De Bruin