EIERWIT PANNEKOEK
Wanneer mens met eierwitte sit en nie weet wat om met dit te maak nie is hierdie ‘n goeie alternatief. Ek het hierdie eierwit pannekoek gebak met 3 eierwitte, dit is ‘n klein resep en het net 6 pannekoek gekry. Hierdie tipe pannekoek sal perfek werk vir lasagne. Ons het sommer met kaneel suiker geëet, maar mens kan dit bedien met maalvleis of enige vulsel.
185 ml koekmeel of nutty wheat meel
185 ml melk
3 eierwittte
knippie sout
20 ml kookolie
Meng alles goed saam en bak soos pannekoek, spuit die pan met Cook and Spray of gebruik baie min olie. Hierdie resep maak so 5-6 pannekoeke.
Bedien met kaneel suiker of vulsel van jou keuse.
Aanpassing en foto deur Rina Kleinhans
One thought on “EIERWIT PANNEKOEK”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
Geskuif na “Wenke vir pannekoek sonder bakpoeier”.