

OUMA MAX SE LAMS PASTA
My Ouma was ‘n stoere Hollander vrou met vele talente. Sy het nou nie veel van Italiaanse kos af geweet nie maar lekker lams pasta kon sy beslis maak. As kind het my Ouma by ons in die huis gebly. Sy is nou al 35 jaar oorlede, maar ek maak nog gereeld haar pasta. Ek deel graag die resep met julle. Ek het dit bietjie aangepas om voorsiening te maak vir die nuwerwetse kruie op die mark. Hoop julle geniet dit.
1.5 kg skaap, lam skenkels of nek
500 g macaroni
2 eetlepels braaivleis speserye
1 eetlepel Aromat
2 eetlepels Ina Paarmans Garlic and Herb
2 eetlepels Ina Paarmans Roosmarein en Olyf kruie
2 eetlepels Ina Paarmans Vegetables kruie
1 beef blokkie
Gooi al die bestanddele BEHALWE DIE PASTA in ‘n stoompot.
Bedek met genoeg water sodat die vleis sowat 5 cm onder die water is.
Stoom vir 1 uur as dit lam is en 1 tot twee ure as dit skaap is. Die vleis moet van die bene afval.
Voeg nou die pasta by en laat kook tot sag.
Laat staan vir ten minste ‘n uur. Die pasta absorbeer al daai heerlike sous.
Bedien met ‘n groen slaai of lekker beet slaai as jy wil.
Bron en foto: Thelma En Wessel DuPreez







geskuif