

HOOGLAND SE KERRIEHOENDER
Resep en foto verskaf: Marie-Louise Rens
FOOD LOVERS RECIPES
1 middelslag hoender of porsies
1.5 teelepels sout
250 ml mayonnaise
125 ml blatjang
60 ml goue stroop
30 ml matige kerriepoeier
Sny die hoender in stukke. (Alhoewel ek gewoonlik óf dye óf drumsticks gebruik).
Geur dit met die sout en kook dit gewoonweg tot gaar. Dreineer hoender. Verhit oond 180ºC.
Plaas hoenderstukke in ‘n enkele laag in ‘n vlak, oondvaste bak met ‘n volume van 2.5L (10 koppies).
Meng die mayonnaise, blatjang, stroop en kerriepoeier en skep die mengsel oor die vleis.
Bak ongeveer 40 min onbedek totdat hoenderstukke goudbruin is en ‘n dik sous gevorm het.
Sit voor met rys.






