

MOSSEL SUURLEMOEN KNOFFEL ROOM SOUS
Sous
500 g margarien (enige)
500 ml melk
100 g knoffel stukkies (crushed)
50 g Aromat
30 g pietersielie
80 ml suurlemoensap
Voeg al die bogenoemde bestanddele bymekaar in ‘n kastrol en verhit oor medium hitte tot margarien gesmelt is
Voeg 1 liter room by en verdik met kokemeelblom na voorkeur van dikte van die sous.
*Ek het ongeveer 120 ml koekmeel gebruik want ons hou van n dikkerige sousie.
‘n inkopieplastiek vol… ± 3 kg plus mossels.
Mossels is precooked so ek het net verhit met kookwater vir ‘n paar minute in ‘n bak en gedreineer.
Pak op bordjie en skep sousie oor.
Resep en foto verskaf: Adele Lintvelt Grobler
Resep bron: Onbekend






