RIETS SE BAKLAVA ROLLETJIES
Stroop:
200 ml witsuiker
200 ml water
100 ml heuning
2 heel naeltjies
1 kaneelstokkie
60 ml vars suurlemoensap
Vulsel:
150 g gemengde neute
100 ml witsuiker
150 ml vars broodkrummels (ek het bruinbrood gebruik)10 ml fyn kaneel
80 ml gesmelte botter
6 velle filodeeg
125 g gesmelte botter om die filo te smeer
Plaas bestanddele vir stroop in kastol en bring tot kookpunt. Kook vir 12 tot 15 min tot stoop verdik. Laat heeltemal afkoel.
Meng alles saam vir die vulsel. Dit moet effe aanmekaar klou. Indien nodig gebruik nog bietjie gesmelte botter.
Sny elk filovel in 3 stroke. Hou res van die fillovelle onder klam vadoek.
Smeer filovelle goed met gesmelte botter.
Plaas so teelepel of bietjie meer vulsel op een strook.
Vou so 1 cm aan beide kante oor en begin oprol soos sigaret. Smeer weer met gesmelte botter.
Plaas klaar rolletjies op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
Bak vir 18 tot 20 min by 180°C.
Dompel warm rolletjies vir so 1 min in afgekoelde stroop. (myne was in die yskas want ek het alles die vorige dagcgemaak)
Bere in verseëlde houer in yskas en geniet.
Resep en foto: Riets Pienaar