ELSJE SE STAMPMIELIEGEREG
Stampmielie gereg saam met braaivleis
2 koppies stampmielies, rou
250 g spek, gebraai in stukkies gesny
1 groot ui, fyn gesny
1 pakkie sampioene
1 groot rooi soetrissie
750 ml room
2 pakkies potato-bake van jou smaak
Maak die stampmielies gaar (slowcooker doen dit goed).
Braai ui, soetrissie en sampioene saam.
Voeg die room, potato bake en spek by uie mengsel.
Roer goed deur.
Voeg nou stampmielies by en roer weer goed deur.
Skep in vuurvaste bak en rasper kaas oor.
Bak in oond teen 200°C sonder deksel vir 45 minute.
Almal wat dit eet, soek die resep.
Resep en foto: Elsje Stander