

MARIETJIE SE EENSKOTTEL PASTA-EN HOENDERGEREG
Vanaand sommer net eenskottel aandete.
Drie hoenderborsies — gaargemaak en gevlok, behou van die vloeistof
2 koppies gaar macaroni
Halwe greenpepper, fyn gekerf
1 ui, gekap
1 tamatie, grof gekap
Sout na smaak
200 ml room
Halwe pakkie wit uie sop poeier
1 blikkie kerrie groente (Rhodes)
2 koppies gerasperde kaas
Braai die uie, groenpeper en tamatie in klein bietjie olyfolie en voeg by hoender.
Meng nou die macaroni by hoender
Voeg room by en laat effens stadig deur prut vir paar minute
Voeg nou die wit uie sop poeier by hoendermengsel en prut tot dit begin effens dikker word.
Meng alles goed deur
Skep in gesmeerde oondvaste skottel.
Gooi gerasperde kaas oor en bak in 180 grade C oond vir ongeveer 30 minute of tot kaas mooi gesmelt is en bruin is.
Dis super heerlik!!
RESEP EN FOTO: Marietjie van Zyl






