

CECIL SE HOENDERKERRIE
Resep en foto: Cecil Dunhin
FOOD LOVERS RECIPES
600 g hoenderborsies in blokkies gesny
1 ui opgekap
1 teelepel gekapte knoffel
1 teelepel gekapte gemmer
1.5 eetlepels mild (of warm) kerriepoeier
500 g plein jogurt
knippie growwe sout na smaak
Gaar rys om mee te bedien
Braai die uie tot lig deurskynend op hoë hitte.
Voeg knoffel en gemmer by.
Voeg kerriepoeier by en braai tot bruin.
Voeg die hoender en sout by en braai tot hoender wit is.
Voeg jogurt by, meng deur en laat “simmer” vir 1 uur op medium hitte tot hoender sag is.
Bedien met rys, klapper en amandels
Marli Weyer
Lekker ek maak amper net so n gereg myne kry net klapperroom in, ek los die gemmer uit sit bietjie komyn in en bietjie blatjang😀







geskuif