

OLIEKOEK MET SUURLEMOEN-KONDENSMELKVERSIERSEL
3 koppie meel
6 teelepels bakpoeier
1/4 teelepel sout
2 koppie suiker
1 koppie water
6 eiers
100 ml olie
1 teelepel vanilla
Sif die meel
Verhit die water en olie
Meng die eiers sout, vanilla en suiker tot romerig
Vou die meel in die eiermengsel in strooi die bakpoeier gooi die water en olie oor en vou in mengsel in. Verdeel in 2 koekpanne en bak 25minute by 180ºC
Maak los in pan en keer uit op draadrakkies em laat afkoel
SUURLEMOEN-KONDENSMELKVERSIERSEL
1 blikkie kondensmelk
kwart blikkie suurlemoensap
3 teelepels gelatien
75 ml water
Los gelatien op in warm water nie kookwater nie laat effens afkoel
Maak kondensmelk suur met suurlemoensap en gooi dan die gelatien water by en laat ‘n rukkie staan en smeer op die koek.
Enjoy
BRON: Ria Jacobs
FOTO: Ria Jacobs






