OLIEKOEK MET SUURLEMOEN-KONDENSMELKVERSIERSEL


OLIEKOEK MET SUURLEMOEN-KONDENSMELKVERSIERSEL
Resep en foto: Ria Jacobs
FOOD LOVERS RECIPES
3 koppie koekmeel
6 teelepels bakpoeier
¼ teelepel sout
2 koppie suiker
1 koppie water
6 eiers
100 ml olie
1 teelepel vanilla geursel
Sif die koekmeel.
Verhit die water en olie saam.
Meng die eiers, sout, vanilla en suiker tot romerig.
Vou die meel in die eiermengsel in en strooi die bakpoeier bo-op, giet die water en oliemengsel oor en vou in mengsel in. Verdeel in 2 koekpanne en bak 25 minute by 180ºC.
Maak los in pan en keer uit op draadrakkies en laat afkoel
SUURLEMOEN-KONDENSMELKVERSIERSEL
1 blikkie kondensmelk
kwart blikkie suurlemoensap
3 teelepels gelatien
75 ml water
Los gelatien op in warm water nie kookwater nie laat effens afkoel
Maak kondensmelk suur met suurlemoensap en gooi dan die gelatien water by en laat ‘n rukkie staan en smeer op die koek.
Enjoy