

SJOKOLADE MOUSSE CARAMEL TERT
Bestandele:
500ml Vars Room
4 x 80g Donker sjokolade van Albany in blokkies
1 Blikkie Caramel
1 Pakkie Tennis Koekies
Metode:
1. Gooi al die sjokolade in ‘n bak en smelt in die mikrogolf vir 2min en 45sec tot sag.
2. Klop die room styf en vou in die sjokolade.
3. Voeg nou die karamel by en vou goed in.
4. In ‘n reghoekige bak, spray met spray en cook en pak tennis koekies.
5. Smeer nou die helfde van die sjokolade caramel mengsel oor die laag tennis koekies.
6. Pak nou weer ‘n laag tennis koekies bo-oor en voeg die res van die sjokolade caramel mengsel bo-oor.
7. Met die laaste tennis koekies maak dit fyn en strooi dit bo-oor.
8. Plaas in die yskas oornag.
9. Bedien dadelik!
Resep en foto: Kristie Townsend






