

RENATA SE SMELT IN DIE MOND KOEKIES
Resep en foto: Renata Strydom Engelbrecht
3 koppies koekmeel
1 koppie Maizena
Meng:
500 g Rama, kamertemperatuur en sag
160 g versiersuiker
Meng goed.
Voeg meelmengsel by bottermengsel en vorm deeg.
Bak by 180°C tot mooi bruin.
Resep vandag aangepas en fyngekapte pekanneute en cranberries, asook bietjie vanilla bygesit. Smaak vorentoe.
Nota: 78 koekies die keer uitgekry want ek het dit bietjie dik gesny. Vorige keer 90 koekies uit ‘n halwe baksel. Deeg toe uitgerol – so 5 mm dik en met vormpies uitgedruk.






