

ANNEMI SE LAM EN KRUISEMENT PASTEI
1 kg stowe lamsvleis
5 ml fyn koljander
7 ml suiker
62 ml asyn
30 ml botter
30 ml meelblom
1 ml fyn naeltjies
2 glase rooiwyn
peperkorrels en sout
Sny vleis in stukke en strooi bietjie meelblom en sout oor.
Smelt botter in swaar kastrol en roer meelblom in.
Laat ligbruin braai.
Roer wyn en asyn in en voeg fyn naeltjies, koljanser en suiker by.
Plaas vleis in kastrol by sous en voeg ‘n paar peperkorrels by.
Laat stadig stowe tot vleis sag is.
Voeg kort-kort kookwater by indien nodig.
Verwyder bene en skep vleis in gesmeerde pasteiskottel.
Sit ‘n laag uitgerolde pasteideeg oor en bak tot ligbruin in oond.
Foto: Annemi Du Randt Jordaan






