

TILLA SE KLAPPERKOEKIES
4 koppies meel
3 teelepels bakpoeier
2 koppies suiker
2 eiers
1 koppie klapper
225 g botter / margarine
1/2 teelepel sout
1 teelepel vanilla
Sif droë bestanddele saam
Vryf botter in
Klop suiker en eiers saam
Roer eier mengsel by meelmengsel
Rol uit en druk in vormpies van eie keuse.
Bak 10 min of bruin op 180 ºC.
Jy kan ‘n klein stukkie verglansde kersie / blinkertjie op elke koekie sit voor jy bak as versiering
Resep en foto: Tilla Venter






