IDEES VIR KRAKERIGE SKYFIES
Charmain Saal
Sprinkel koekmeel oor die rou aartappels
Valene Prins
Gooi speserye in meel en bak so
Petré Van Jaarsveld
Bevrore skyfies bak meer crispy as tuisgemaakte skyfies, tuisgemaakte skyfies wat nog rou is en nie gevries is nie neem baie langer om tot die crispy stadium te kom. Indien dit ‘n tydjie gestaan het word dit pap, bevrore skyfies is halfpad gaar. Jou olie moet 180°C wees, indien laer kook dit. Indien jy tuisgemaakte skyfies gebruik, is dit beter om eers te blansjeer in olie teen 140°C vir 4-5min en dan te vries, dan sal jy lekker crispy skyfies kry
Lee-Ann Snyman
Sout trek vog so maak eers gaar voor jy speserye op gooi
Hendrik Johannes Brittz
Vars skyfies: Diep braai vir 2-3min in medium hitte, haal uit, laat staan op papier handoek vir so 5 minute, dan weer diep braai tot mooi bruin
Lizelle Lourens O Connell
Sny skyfies en sit in bak in mikrogolf vir 5-7 minute sonder water en dan in warm olie tot sag binne en crispy buite
Elrine Dippenaar Erasmus
Bak in oond en dan vlak braai in olie
Dewald Pretorius
Kook jou skyfies in warm olie en sit die deksel op, die stoom binne maak skyfies baie sag binne
Jeannette Schoeman
Le die aartappel skyfies vir ‘n uur in soutwater, droog af en bak
Gerhard Kock
Deepfry rou chips vir 7min @ 130°C in deepfryer. Laat afkoel en vries. Deepfry gevriesde chips @ 160°C tot al die chips bo dryf (so 5min). Proe soos regte cafee chips. Fry bietjie langer om crispy te kry. Onthou net hoe ‘ouer’ olie is, hoe lekkerder smaak dit
Rian Johan Abrahams
Lae hitte tot sag binne en hoër hitte vir crisp. Werk soos ‘n bom op gasstoof.
Johnny Jefferies
Precook jou chips in sout water to half gaar, haal dit uit en koel dadelik af met yskoue water, braai Dan in lekker warm olie so teen 170c, dis hoe ons dit in die catering industrie doen