JOHANN SE TREFFER TRIFLE
3 pakkies Jellie aangemaak en gestol.
2 Groot Bokse Vlae
1 Bakkie opgekapte aarbeie of vrugte van jou keuse.
Twee Rolkoeke
Sherry van jou keuse
In in groot bak plaas laag gesnyde rolkoek wat met sherry besprinkel is.
Klop jellie nadat dit gestol is met n vurk.
Gooi dan jellie gevolg met vrugte en dan vlae. Maak seker als is bedek met vlae.
Herhaal lae tot bak vol is.
Ek gooi vars vrugte wat in seisoen is en amandals bo oor. Al die tipe bessie vrugte werk vir my lekker. Los in yskas oornag om lekker te stol.
FOTO EN RESEP: Johann Van Vuuren