

ANGEL FOOD KOEK – SILWER SUIKERBROOD
Vir die koek:
250 ml koekmeel
430 ml strooisuiker
9-10 ekstra groot eierwitte
7 ml kremetart
1 ml sout
5 ml vanilla
Versiersel:
500 ml room
15 ml strooisuiker
5 ml roos of lemoenbloeisel water
250 ml klappervlokkies
250 g vars aarbeie middeldeur gesny
Voorverhit die oond tot 165°C.
Sif die meel en 110 ml strooisuiker 4 keer saam.
Klop die eierwitte in n bak totdat dit skuimerig raak, voeg die kremetart en sout by en hou aan klop totdat dit sagte punte vorm. Klop nou die res van die strooisuiker bietjie vir bietjie by die eierwitte, klop goed na elke byvoeging.
Voeg die vanilla by, sif ‘n dun lagie meel oor die suikermengsel en vou dit sagkuns in die eierwitte in.
Herhaal met die res van die mengsel.
Giet die beslag in ‘n ongesmeerde ringkoekpan (ek het ‘n silikon ringpan gebruik)
Bak die koek vir 1 uur.
Keer die pan op ‘n draadrakkie om en laat die koek net so omgekeerd in die pan, heeltemal afkoel, voordat jy dit uit die pan verwyder.
Berei die versiersel. Klits die room styf en voeg die strooisuiker en rooswater of lemoenbloeiselwater by die room en meng goed deur. Versier die koek soos verkies en plaas aarbeie bo-op. Strooi klapper oor (opsioneel).
Sny die koek met ‘n getande mes.
Resep en foto: Marieta James
One thought on “ANGEL FOOD KOEK – SILWER SUIKERBROOD”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







Done