DORDRECHT SE DONKER VRUGTEKOEK
Het vanaand die lekkerste vrugtekoek gebak. Hierdie is genoeg vir n groot vrugtekoek en n klein vrugtekoek broodjie. Manlief alklaar helfte van die broodjie verslint voordat dit koud was. Die groot vrugtekoek is lekker gedokter met bietjie brandewyn. Resep het ek uit Lita Stofberg se boek die beste van Droevrugte gekry wat ek al in 1990 gekoop het. Het die resep bietjie aangepas.
400 ml water + 100 ml brandewyn
1 kg Safari koekmengel (kan pekanneute byvoeg as jy wil)
300 g ontpitte dadels
125 g glans kersies op gesny
375 g ongesoute botter
5 groot eiers
500 ml witsuiker
4 x 250 koekmeel
10 ml koeksoda
10 ml bakpoeier
5 ml fyn gemmer
3 ml neutmuskaat
5 ml gemende speserye
10 ml fyn kaneel
3 ml fyn naeltjies
190 ml brandewyn dis nou om oor die koek te giet sodra dit uit die oond kom
Verhit oond tot 150 ºC.
Kook die water, en die 100 ml brandewyn, vrugte, suiker en botter saam vir 20 min.
Laat so bietjie afkoel tot so lou warm.
Klits die eiers goed en voeg by.
Sif droë bestanddele saam en voeg by die koekmengsel, sit dan jou ektra neute by, roer goed deur. Sit dit in koekpanne x2
Bak vir 1 uur lank by 150 ºC.
Verminder temperatuur na 110 ºC en bak nog 2 uur tot gaar.
Haal die koek uit die oond en giet die 190 ml brandewyn oor.
Dis ‘n vreeslike lekker koek hierdie
1ste Foto: Jacqueline Butt Bierman
2de Foto: Foto: Jeanette Martins