VRYGESEL-BOBOTIE
Ek het die resep vanaand probeer.
Moeite werd. Die patat het goed gewerk met n’ bobotie smaak.
2 uie, gekap
Olie
1kg beesmaalvleis
1 groot , in blokkies gesny
15 ml kerriepoeier of garam masala
15 ml borrie
5 ml bruinsuiker
45 ml blatjang
125 ml gedroogte appelkose
Sout en peper
1 sny volgraanbrood
1 eier, liggies geklits
60 g botter
4 eiers
125 ml amandelsplinters of -vlokkies (opsioneel)
Verhit ’n groot braaipan en braai die uie in ’n skeut olie tot deursigtig. Voeg die maalvleis by en hou aan roer tot die maalvleis gaar en krummelrig is. Voeg die patat, kerriepoeier, borrie, suiker, blatjang en appelkose by. Meng goed. Geur en haal dan van die warm plaat af.
Week die brood in ’n bietjie water en druk daarna die water uit. Druk die brood fyn en meng by die geklitste eier in. Voeg dit by die maalvleismengsel en meng deur. Kook die bobotiemaalvleis terwyl jy deurgaans roer tot dit gaar is.
Maak klein holtes in die maalvleis en stip elk met ’n klontjie botter. Wanneer die botter gesmelt is, kan jy ’n eier in elke holte breek. Kook tot gaar na smaak. Sit voor saam met die amandels (opsioneel), vrugteblatjang en ’n vars mengelslaai. Lewer 6 porsies.
Foto en resep geplaas deur Louw LP Senior