

ADELLE SE KARAMEL KOFFIE LIKEUR
Gooi die volgende in ‘n 1.5 liter wynbottel
1 blikkie kondensmelk
1 blikkie ingedampte melk
1 houertjie vars room
1 kondensmelk blikkie vol brandewyn
1 teelepel karamelgeursel
1 groot koppie moerkoffie
Dit sal of vol wees, of naby vol. Vul op met koffie tot bo indien nodig. Raadsaam om die bottel goed te skud voor hy heeltemal vol is sodat kondensmelk lekker meng. Verkoel en geniet oor ys vir cocktails of met roomys as ‘n nagereg.
Bron en Foto: Adelle Gascoyne







geskuif