


ROMERIGE KANEELSUIKER PAPPOFFERTJIES
250 ml witmieliemeel
500 ml melk
250 ml water
2 eiers geklits
500 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
5 ml kaneel
100 ml strooisuiker
Knypie sout
Olie vir braai
Verhit water en sout saam in kastrol tot kookpunt , voeg mieliemeel by laat prut roer aanhoudend (jy maak pap) tot n dikkerige slap pap vorm . laat effens afkoel en voeg die res van bestandele by en roer baie goed.
Verhit op matige hitte die olie , in n pan en braai teelepels hoeveelhede van deeg tot goudbruin van kleur. Dreineer op kombuis papier( handoek papier) en plaas klaargemaakte poffertjies in kaneel suiker bak skud saggies tot amal bedek is met n lagie kaneel suiker.
Sit Lou warm voor of kamer temp. Lewer omgeveer 50 poffertjies.
N heerlike gereg vir teetyd , nagereg of bykos.
Resep aangepas en geplaas deur Anaschka De Lange






