PANNEKOEK TROUKOEK
1,25 kg koekmeel
3 teelepels sout
6 teelepels bakpoeier
6 eiers
62,5 ml asyn
250 ml olie
2,5 liter water
Meng laat ‘n rukkie staan en bak soos pannekoek in ‘n warm pan.
Die resep bo het ek 4 x aangemaak vir die ±130 pannekoeke (en heelwat flops tussenin). Daar is geen vulsel tussen die pannekoeke nie, want die bruid wil hê dat dit as poeding bedien word met verskillende koue vulsels soos bessies en room ens. Dus word die pannekoeke nie warm gehou of warm gemaak nie. Ek het ook vooraf getoets – die pannekoek het ‘n dag oop gestaan sonder om uit te droog. Ek het egter eers 2 ure voor die troue die stapel gepak.
Niks tussen in gewees. Hulle het ‘n foto geneem waar hulle gemaak het asof hulle die “koek” sny en toe het die caterers dit kombuis toe geneem en van daar vir die gaste as poeding bedien. Dis opgerol met verskillende koue vulsels soos bessies en piesangs en roomys of room daarby.
Bron en Foto: Irma Van Ellewee Swart
2de Foto: Ylonda Kilian