

MICHELLE SE RAPUNZEL-KOEK
Vanilla Sponskoek:
4 ekstra groot eiers
450ml suiker
125ml water
125ml melk
10ml Vanilla essence
100ml sonneblom olie
500ml koekmeel
10ml bakpoeier
Klits die eiers goed saam. Voeg die suiker bietjies bietjies by en hou aan met klits tot dit dik en liggeel is (duur ongeveer 10min).
Voeg die water, melk, olie en vanilla saam in ‘n kastrol en verhit oor lae hitte. Laat staan een kant om af te koel.
Sif nou die meel en bakpoeier saam en vou dit by die eier mengsel in, Roer nou die melk mengsel in.
Bak teen 180 grade celsius vir 35 minute of tot toetspen skoon uit kom.
Beslag maak 2 ronde koeke van 20cm of 24 groot kolwyntjies.
FOTO: Michelle Joubert






