

MARIANNE SE GEURIGE GROENTERYS
1 koppie rys, rou
opsioneel: hoenderblokkie en bietjie rysspeserye
2 – 3 wortels
1 groot gekapte ui
1 gekapte soetrissie
4 – 5 murgpampoentjies, in ringetjies gesny
Kook die rys gewoonweg OF met ‘n hoenderblokkie en bietjie rysspeserye vir ‘n meer spicy rys.
Rasper die wortels en braai in olie en so klont botter.
Wanneer die olie begin verkleur van die wortels, voeg die ui, soetrissie en murgpampoentjies by en braai tot gaar. Voeg nog botter by indien nodig.
Geur die groente volgens smaak, ek het Aromat cheese en original Aromat en bietjie veggie spice gebruik.
Meng dan met gaar rys in dieselfde pot as wat jy groente in gebraai het sodat die rys al die botter opneem.
Dien op saam met enige vleis en ‘n slaai.
Resep en foto: Marianne de Beer






