

FRIEDA SE KFC EN KNOFFEL BROODJIES
KFC Hoender mengsel
1 botteltjie hoenderspeserye
1 botteltjie braaivleis speserye
1 botteltjie steak en chop speserye
1 botteltjie aromat
1 botteltjie sout en asyn speserye
kwart botteltjie knoffel vlokkies
10 ml grofgemaalde swart peper
Voeg bestandele by 1 kg bruismeel.
Meng baie goed.
Bêre mengsel in lugdigte houer.
Rol hoender/vleis in mengsel.
Pak in oondbak met ‘n bietjie kookolie.
Bak tot gaar.
Ek het myne in olie gebraai
Kool Slaai
Rasper kool en wortel grof
1 k Mayonnaise
1 k kaas
1 Blik fyn pynappel
1 blik kondensmelk
Rosyne
Meng sousbestanddele en hou in yskas
Gooi sous oor kool en meng
KNOFFELBROOD
Ek gebruik sommer gekoopte buns
Smeer dit met knoffelbotter
Pak vol kaas van jou keuse ek het 3 kase gebruik. Cheddar, Mozzarella en Feta
Strooi Origanum en gedroogde Pietersiel oor
Grill tot kaas gesmelt is
Resep:.ek het die resep uit een van my skoonma se resepte boeke afgeskryf. Ongelukkig nie n naam by
Foto:Frieda Greyling






