

DOTTIE SE TUISGEMAAKTE VARK KAIINGS
Braai 1.5kg pork belly” vark vleis (wat in blokkies gesny is met velletjie, stukkie vleis en vet aan) in kastrol oor Baie lae hitte tot gaar en krispy.
Dit hang af van die hoeveelheid, Maar vat so +- 1.5 tot 2 ure lank om Krispy te word.
Laat dit afkoel en gooi Dan sout na smaak oor.
Jy kan dit Eet saam met stywe mielie pap, of soos jy van jou pap hou.
Die vet wat uitgebraai is gooi Ek in houer en gebruik dit later om eiers mee te bak.
Dit gee die eiers ook ‘n heel lekker smaaklik.
Om af te wissel gooi Ek uitgebraaide kaaings in pan en Dan voeg ek hoender eiers by en maak Dan gaar, dit is net so lekker saam met mielie pap.
Resep en foto: Dottie Trichardt






