HOENDER SUPREME
4 hoender fillette
1 bakkie knopie sampioene
1 rooi Soetrissie
1 bakkie klein tamatietjies
2uie in ringe gesny
Sout, peper en braaisppeserye na smaak
10ml knoffel in olyfolie
1 koppie room
15ml Maizena
Sny die hoender in lekker dik skywe en braai saammet die uie, sout, peper, braaispeserye en knoffel in olyfolie, in ‘n wok (dankie Rina ek gebruik nogsteeds myne) of diep kastrol.
Voeg die sampioene en soetrissie wat opgesny is, by.
Voeg klein bietjie gekookte water by, en kook tot die hoender gaar is.
Voeg tamaties by en blus net die tamaties. Dit moenie papkook nie.
Meng maizena met bietjie water en verdik sous.
Meng room in Net voor opdiening.
Bedien op lekker bruinrys of net met slaaie.
Resep en foto: Wilma Josey Venter