DOMINIQUE SE SKAAPBOUD TJOPS IN SOUS
My slagter sny skaapboud so in skywe van 2 cm dik
1 pakkie bacon blokkies (250 g per kg skaapboud)
1 – 2 gesnipperde uie
250 ml pakkie room
1 teelepel Portuguese chicken spice
chili / knoffel na smaak
sout na smaak
Maizena
In die pan op die stoof in druppeltjie olie, braai ek eers die pakkie bacon blokkies en die gesnipperde ui of twee as ek woema het vir sny. Dan voeg ek die tjops by en tjirrrr tot bruin, draai daarna die stoof bietjie af.
Meng intussen die room met ‘n teelepel Portuguese chicken spice en ekstra chili / knoffel na smaak. O ja, en sout as jy wil. Gooi sous oor vleis, roer bietjie dat die bacon praat met die room. Laat dit ‘n paar minute prut om in te verdik, of gebruik Maizena.
Werk ook lekker in die slowcooker en enige leftovers word meat pies wat ek vries vir ander dag later.
Resep: Dominique du Toit