DUBBEL KAAS, HAM EN AVOKADO ROOSTERBROODJIES
Hier is ‘n heerlike roosterbroodjie met Roomkaas, ham, avo en gouda kaas.. ek noem dit sommer “Rina’s dubble cheese ham and Avo toastie” Geniet hom dadelik dat die kaas sommer sulke drade trek… yummies
Brood
ham
avokado
gegeurde roomkaas
gerasperde Gouda kaas
botter
Pak jou snytjies brood twee, twee in pare. Smeer jou snye brood lekker dik met die roomkaas… plaas 2 snytjies ham op die een kant van jou toebroodjie, sny die avokado in skywe en plaas bo-op die ham, sit swart peper en bietjie sout oor (onthou die roomkaas is ook sout) rasper nou gouda kaas lekker dik bo-op die avokado en sit die ander snytjie brood bo-op. Smeer die toebroodjie altwee kante met botter en plaas in die toedruk rooster tot lekker bruin en gesmelt.. Bedien dadelik dat die kaas nog lekker gesmelt is en sulke lekker drade trek… Lekker eet..
Foto en resep: Rina Kleinhans