GIDEON SE NIERTJIE EN SKAAPVLEIS PASTEITJIES
Vier skoongemaakte skaap niertjies in blokkies gesny wat gemeng is met + – 100g skaapvleis wat in blokkies gesny is voeg daarby n bietjie chutney wat gemeng is met n bietjie sweet chilliesous en n knerts woestersous saam met sout en peper na smaak rol n skilferkors deeg uit tot dun en druk sirkels van + – 100mm groot plaas n skeppie van die vleismengsel op n ronde degie en bedek met nog n velletjie deeg druk die rante met n vurk vas en smeer die boonste deel met n gklitste eier en bak op n bakplaat in n voorverhitte oond op 180 grade vir veertig minute
Bron : Sommer my eie brousel
Foto : Gideon Louw