

BLOMKOOL IN TAMATIESOUS
Resep en foto: Adelle Gascoyne
FOOD LOVERS RECIPES
1 heel blomkool, blare afgehaal en stronk korter gesny (hou heel)
Meng die volgende saam:
1 koppie dik tamatiesous
½ koppie blatjang
1 liter water
Plaas die blomkool en bogenoemde mengsel saam in ‘n kastrol.
Meng die volgende en roer by die koolmengsel in:
1 opgehoopte eetlepel knoffel met gemmer
1 teelepel borrie
1 teelepel kerrie
Die blomkool het 30 min gekook toe draai ek dit om. Toe weer 15 min gekook.
Solank 1 koppie soja maalvleis in 1 koppie water geweek. Dit bygegooi en laaste 15 min gekook. Bedien op rys. Gebruik diep bak, want sousie is lekker. Ek het Italiaanse kruie en feta blokkies opgesit voor bediening. Dit was heerlik!






