ANITA SE STEAKPAKKIES
1 lekker mature steak gaar gemaak en opgesny soos verkies
½ ui fyn gesny en gebraai saam met 1 pakkie opgekerfde sampioene
1 ½ koppie kaas (chedder of mozzarella)
1 blikkie room sampioensop
¾ blikkie melk (gebruik blikkie van die sampioensop
1 pak blaardeeg (puff pastry)
Meng opgesnyde steak, met die uie en sampioen mengsel
Rol die blaardeeg oop en rol effe uit. Neem jou deeg en sny dit op sy langste kant in die middel deur. Dws jy moet nou 2 stukke deeg he.
Smeer die steakmengsel oor die deeg en rol toe.
Sny dit in worsies (so ongeveer 10cm lank).
Meng die roomsop, melk en ½ koppie kaas. Verhit tot warm (sommer in die mikrogolfoond).
Pak die steakpakkies in ‘n gesmeerde oondvaste bak.
Giet die sopmengsel bo-oor die steakpakkies.
Sprinkel oorblywende ½ koppie kaas oor.
Bak by 180ºC vir ongeveer 30-40 minute tot bruin en die mengsel borrel.
Bedien met kapokaartappels, rys, ertjies, mengelslaai of brood rolletjies
Resep en foto: Anita Dippenaar