

RONELL SE BURGER PATTIE EN TAMATIESOUS
Patties:
750 g kwaliteit maalvleis
1 fyngekapte ui
2 geklitste eiers
Sout en peper en speserye na smaak
2 eetlpels asyn
Meng alles goed saam. Maak 8 groterige bolletjies.
Neem ‘n ricoffyblik se deksel gesmeer met bietjie olie.
Druk die bolletjies maalvleis lekker plat.
Bak in warm olie en draai net eenkeer om. My patties het glad nie gekrimp.
Sous:
Nie ‘n moet kan jou eie sous gebruik.
2 groot uie opgesny en gebraai
Sny 4 medium tamaties op en voeg by.
Braai op 5 anders is dit te waterig. Voeg sout en peper by asook bietjie suiker na smaak. Prut tot sous bietjie minder is. *
Haal af sodra dit gaar en reg lyk.
Die res van die sous het ek gebruik vir hotdogs by die burgers.
Resep en foto: Ronell Muller Boshoff






