

ADAM SE ROERBRAAI HOENDERPASTEI
1 ui in skywe gesny
Ongeveer 500 g hoender borsies in repe gesny
1 teelepel fyngekapte knoffel
500 g sampioen skyfies
200 g gekapte spek
2 medium grootte gaar aartappelblokkies
1 teelepel oreganum
1 pakkie Knorr Chicken Roast Gravy
1 rol gekoopte pofdeeg, of gebruik jou eie.
Geur met die oreganum en roerbraai die ui, knoffel, sampioene, spek en hoender tot die hoender gaar is. Maak die pakkie sous aan volgens die instruksie op die pakkie en roer dit by die hoendermengsel in. Voeg laaste die gaar aartappelblokkies by en roer deur. Proe en sit bietjie sout en peper by indien jy dit verkies. Indien daar vloeistof by die mengsel is, gebruik minder water om sous aan te maak. Skep die mengsel in ‘n oondbak en bedek met ‘n vel pofdeeg. Bak vir ongeveer 45 minute op 180º C tot die deeg gepof en goudbruin is.
Bron: Vertaal en aangepas van ‘n What’s for Dinner wenk op ‘n Knorr Chicken Roast Gravy pakkie.
Foto: Adam Cloete.






