

LIEZEL SE FRANSE ROOSTERBROOD
¼ koppie koekmeel
1 koppie melk
1 knippie sout
3 eiers
¼ teelepel kaneel
1 teelepel vanilla geursel
1 eetlepel suiker
6 snytjies Sasko witbrood
Meng alles saam en doop brood in die mengsel. Braai in vlak olie. Geniet saam met Lyles’s goue stroop, spek en jou geliefdes en goeie geselskap.
*Nota: Ek sal eerder hierdie resep gebruik as ‘n soet gereg met aarbeie en room eerder as ‘n sout maaltyd.
Foto: Liezel Van der Merwe






