


WIAN SE BEESKORTRIB
1kg Bees kort rib (ek het so 800g gebruik en ‘n bietjie gerookte ribbetjies ook)
1 groot ui
1 geel peper
2 knoffel huisies
1 bossie wortels (sommer heel met skille aan, sny die grotes in die lengte om alles dieselfde dikte te kry)
4 groot aartappels (in wiggies gesny)
1 groot raap (in 1 cm wiggies gesny)
1 en 1/2 koppie bees aftreksel
1/2 koppie tamatie sous
sout en peper na smaak
Sit aartappels en raap onder in prut pot en plaas wortels bo-op. Braai bees kortrib in ‘n warm pan tot heeltemal geseel en sit dit bo-op die wortel (geur met sout en peper). Braai ui en geel peper in die pan (moenie die pan souse afgooi nie!). Wanneer ui sag is, voeg knoffel by en braai so minuut. Gooi bees aftreksel by en laat dit kook vir paar minute. Haal van hitte af en roer tamatie sous by. Gooi die sous oor alles in die prut pot. Stel prut pot op laag vir 8 ure (myne gaan na die 8 ure oor op 10 ure warm) Ek het die gerookte rib eers na 4 ure ingesit aangesien dit reeds amper gaar is.
Bron en foto: Wian Swart






