

PASTORIE HOENDER IN DIE PRUTPOT
12 stukke hoender
4 groot wortels
2 koppies rou rys
1 pakkie sampioen soppoeier
1 blikkie tamatie en uie smoor
4 koppies hoender aftreksel
sout en peper na smaak
Plaas rys in die prutpot en meng met soppoeier.
Meng blikkie tamatie en ui smoor in.
Meng die 4 koppies hoender aftreksel in.
Sny wortels in repies en plaas op rys.
Sit hoender bo-op en geur met sout en peper.
Sit prutpot aan vir 6 ure op LAAG.
Nota:
Hoender borsies behoort ook te werk, die prutpot hou mos die vleis lekker sappig. Op LAAG het die rys ten minste 4 uur nodig om gaar te raak, so hou maar die borsies dop dat hulle nie droog kook nie.
FOTO EN RESEP: Wian Swart






