

SPEK EN RISSIE MIELIEBROOD OP DIE KOLE
Foto: Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
200 g spek
15 ml olie
500 g bruismeel
5 ml sout
2 ml bakpoeier
1 x 410g blik pitmielies gedreineer
10 g koljanderblare gekap of 15ml gemengde gedroogde kruie
2 brandrissies fyn gekap ek het n teelepel chillie flakes gebruik
250 ml gerasperde chedder kaas
500 ml karring melk
2 eiers
Sny die helfte van die spek in blokkies en hou die res eenkant.
Braai die spekblokkies in die olie tot bros en hou eenkant.
Sif die meel , bakpoeier en sout saam in groterige mengbak.
Meng die pit mielies , koljander , brandrissie ( chillie flakes ) , kaas , en gebraaaide spek deur die meelmengsel.
Klits die karringmelk en eiers goed saam voeg by die meelmengsel en meng goed.
Skep die mengsel in n swartpot wat uitgevoer is met bak papier en gespuit is met spray en cook.
Pak die oorblywende spekrepies op die mengsel en bak vir 60 min op matige kole met kole bo op die deksel van die pot.
Bedien saam met gesnyde avo skywe.






