

VINNIGE “NO-FUSS” MELKTERT
Hier is n vinnige, no-fuss melktert resep:
2 eetlepels margarien
125 ml suiker
2 eiers, geskei
125 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
Knippie sout
500 ml melk
Klits die margarien en suiker saam, voeg die eiergele by en klits goed. Meng die droe bestandele saam en meng dit om die beurt met die melk by die eiergeelmangsel.
Klits die eierwitte styf en vou in die mengsel. Skep in gesmeerde oondbak en bak sowat 30min by 180 grade C of totdat gaar en effe bruin van bo. Dit is kleinerige tert, gebruik n bak van so 28cm in deursnee.
BRON: Marianne de Beer
Foto: Ronel Muller Thoma – Ek het dit dubbeld aangemaak.






