

SOETSUUR PÊRELTJIES
750 g Pêreluitjies
kookwater
30 ml olyfolie
30 ml tamatiepesto – pasta
30 ml suiker
45 ml rooiwyn-asyn
1 lourierblaar
2 takkies vars tiemie
sout en peper
30 ml gekapte vars pietersielie
Haal die skilletjie af van die uitjies af.
Verhit die olie in ‘n groot braaipan en voeg die uie by. Skud die pan om die uie te laat rol en rondom te verbruin. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die pietersielie. Voeg genoeg water by om die uie te bedek. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en bedek.
Prut 40-45 minute stadig tot die uie sag is en verglans is met ‘n natuurlike dik soet-en-suur-sous. Skud die pan gereeld.
Sit koud voor, gesprinkel met pietersielie.
Foto: Marika Tegmann






