

KNOFFEL SAMPIOENE
So het ek die naweek ook sampiooene gemaak. Ek het botter gevat en dit gemeng met knoffel en kaas. Ek sal sê jy maak soveel botter aan sodat dat jy al die sampioene kan vul met die mengsel. Sit dit in ‘n oond pan. Gooi sout en peper na smaak oor die sampioene. Bak die sampione in die oond teen 180 grade tot gaar en al die kaas lekker gesmelt is. Moenie die sampioene in los dat dit te sag bak nie. Moet nog lekker ferm wees. Jy kan pietersielie oor strooi wanneer uit die oond gehaal word.
Bron en Foto: Marika Tegmann







Jana Goodman
Ek maak dit ook, maar sit ook plein Griekse jogurt binne in die mushrooms en braai dit so bietjie, en grill dit dan so bietjie in die oond… Gee weer ‘n ander twist, maar either way is dit darem maar ‘n gunsteling!