

PILCHARD BROODJIE
Het hierdie resep op die pilchards blikkie gekry.
500g bruismeel
1 eetl gemengde kruie
1 x 410g gemaalde pilchards
275ml karringmelk
½ kp gerasperde cheddar kaas
Sout na smaak
Meng die meel en kruie in ‘n bak voeg die pilchards karringmelk en sout by. Meng goed. Plaas die mengsel in ‘n goed gesmeerde brood pannetjie, sprinkel die kaas bo-oor en bak vir 45-60min by 180°C. Bedien warm.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Anel EN-Manie du Preez







Anel EN-Manie du Preez
Oeeeeee la la – toe krap ek rond vir iets waarin ek my houertjie Karringmelk kan gooi en kom op die resep af. Man. Dit was nou LEKKER so op die nugter pensies. Ek het die kaas nie opgesit voor bak nie maar na lagie dik bottertjie op die snytjies gerasper. Njammies verby