MARIE SE MIKROGOLF SJOKOLADE POEDING
125 g margarien
250 ml koekmeel
2 ml sout
5 ml vanilla
20 ml kakao
1 eier
200 ml melk
15 ml bakpoeier
200 ml suiker
Sous:
3 koppies kookwater om lekker sous te maak
½ koppie suiker
3 eetlepels kakao
1 eetlepel margarien
Room margarien en suiker, voeg eier by en roer goed.
Voeg droë bestanddele in ‘n bakkie en meng om die beurt met die melk by die margarien mengsel.
Voeg geursel by en skep in bak wat eers gespuit is ek het sommer cook en spay gebruik.
Gooi kokende sous wat aangemaak is met kookwater bo-oor die mengsel.
Mikrogolf 8 minute op 100% krag met deksel op.
Maak oop en mikrogolf ‘n verdere 5 minute op 80% krag.
Vorm sy eie sous.
Bedien met vla.
Bron en foto: Marie Rheeder Troskie
geskuif