PILCHARD BROODJIE


PILCHARD BROODJIE
Het hierdie resep op die pilchards blikkie gekry.
500g bruismeel
1 eetl gemengde kruie
1 x 410g gemaalde pilchards
275ml karringmelk
½ kp gerasperde cheddar kaas
Sout na smaak
Meng die meel en kruie in ‘n bak voeg die pilchards karringmelk en sout by. Meng goed. Plaas die mengsel in ‘n goed gesmeerde brood pannetjie, sprinkel die kaas bo-oor en bak vir 45-60min by 180°C. Bedien warm.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Anel EN-Manie du Preez