


FRIKADELLE IN TAMATIESOUS MET KAAS EN PASTA
Frikadelle:
500 g maalvleis
1 eier
1/2 gerasperde ui
1 teelepel biltong speserye
2 teelepels knoffel poeier
1 teelepel Worcestersous
1/2 koppie broodkrummels
tuisgemaakte spaghetti (of gewone opgekookte spaghetti)
tamatie pastasous
gerasperde kaas
Braai die frikadelle in ‘n warm pan op die stoof in ‘n bietjie olie tot bruin.
Voeg die pastasous oor die frikkadelle en laat dit staan vir 10 minute.
Skep die frikadelle uit die sous en plaas eenkant. Voeg die pasta by die sous en meng deur.
Skep die pasta en tamatiesous met die frikkadelle saam in ‘n oondbak en sprinkel kaas bo-oor die gereg.
Bak die gereg in ‘n voorafverhitte oond teen 200°C tot die kaas bruin gebak is.
Resep: Colleen vd Merwe
Foto: Cecil Dunhin







Done
Geskuif