

OUMA DIRKIE SE KARRINGMELK BESKUIT
1 pakkie bruismeel (1kg)
1 karton karringmelk (500ml)
250 g botter
1 koppie suiker
2 teelepels bakpoeier
Knippie sout
3 eiers
Metode:
Smelt botter en suiker saam. Klits eiers. Gooi saam by al die ander bestanddele en meng goed. Bak by 180 grade C tot mooi bruin en gaar. Om te droog pak rk dit op die oondrakkie en draai oond tot 100 grade C, sit n paplepel in die deur en los tot droog. Andersins pak als op die oondrakkie en stel oond op 80 grade C. Los oornag. Daar sal wees wat nie mooi uitgedroog het nie, herhaal net die proses tot droog. Variasies: ek haal soms n koppie meel uit en vervang dit met n koppie oats, semels of sade. Geniet dit.
Resep: Ouma Dirkie






