

JOHANN SE HOENDER EN RYSGEBAK
My eie resep
8 hoenderstukke
30 ml olyfolie
2 eetlepels botter
1 koppie gemende groente van jou keuse
2 koppies rys
1 koppie droë wit wyn
1 eetlepel Spice for Rice
1 teelepel knoffel
1 teelepel Garlic and Herb Spice
3 takkies tiemie
sout en swart peper
750 ml warm water
Verhit olie en braai hoender bruin met sout en peper.
Verwyder van pan en hou eenkant.
In dieselfde pot/pan gooi die botter, tiemie en knoffel en braai ui tot sag.
Voeg die rou rys by en braai ‘n paar minute deur.
Voeg nou die witwyn, Garlic en Herb spice en Rys spice by.
Plaas die groente op die rys.
Sit hoender terug en giet water oor.
Bedek en bak in warm oond 180°C tot water absorbeer is deur rys.
Bak laaste 10 minute sonder deksel.
FOTO EN RESEP: Johann Van Vuuren






